Trump val weer eks-prokureur aan, ten spyte van hofbevel

Donald Trump het Saterdag weer sy voormalige prokureur Michael Cohen aangeval, ten spyte van ‘n bevel wat hom verbied om openbare verklarings oor getuies te maak in sy komende kriminele verhoor in New York. Cohen sal na verwagting ‘n sleutel-staatsgetuie wees in die verhoor, wat die eerste kriminele verhoor ooit van ‘n voormalige Amerikaanse president sal wees. Aanklaers beskuldig Trump daarvan dat hy sakerekords vervals het om ‘n betaling van sowat 2,4 miljoen Namibiese dollar aan die filmster Stormy Daniels voor die 2016-verkiesing weg te steek. Dit was glo om haar stilswye oor ‘n beweerde seksuele ontmoeting met Trump te koop. Cohen het vroeër gesê Trump het hom beveel om die betaling te maak, en toe gereël dat hy terugbetaal word.