Toerisme-ministerie verwelkom passasierskip-toerisme
Die toerisme-ministerie het weer die waarde van passasierskip-toerisme vir Namibië en die ekonomiese geleenthede wat dit bied onderstreep, na die luukse Viking Neptune by Walvisbaai aangedoen het as deel van sy wêreldtoer. Die skip vervoer 930 besoekers en meer as 400 bemanningslede. Die toeriste het verskillende toer-aktiwiteite in en om Walvisbaai onderneem. Hulle het ook inkopies gedoen en eetplekke besoek, en van plaaslike pendeltuie gebruik gemaak. Die toeriste was verwelkom met kulturele danse en sang.