Sydney mesaanvaller vermoor 6, doodgeskiet
Ses mense is dood en talle ander beseer, insluitend sommige in ‘n kritieke toestand, nadat ‘n man met ‘n mes hulle by ‘n winkelsentrum in die Sydney-voorstad Bondi Junction aangeval het. Die Australiese polisie sê die aanval was nie terreurverwant nie. Hulle sê die aanvaller, die 40-jarige Joel Cauchi, het met geestesgesondheidskwessies gesukkel en was aan hulle bekend. Cauchi is doodgeskiet deur ‘n vroulike polisiebeampte. Die beseerdes sluit ‘n nege maande oue baba in. Die baba se ma, wat deur die aanvaller vermoor is, is deur Australiese media as die 38-jarige Ashley Good geïdentifiseer.