Scheffler behou voorsprong op Augusta, Woods stort in duie

Gholf: Die Amerikaner en wêreld-nommer-een, Scottie Scheffler, is steeds die voorloper by die Meesters na ‘n dramatiese derde dag op Augusta. Tiger Woods se droom van ‘n sesde groen baadjie het egter ‘n nagmerrie geword. Scheffler het een onder baansyfer 71 aangeteken vir ‘n totaal van sewe-onder, voor nog ‘n Amerikaner Collin Morikawa. Woods het die swakste nege putjies van sy Meesters-loopbaan oor die eerste nege gespeel. Hy het ses oor baansyfer 42 geslaan, met twee keer twee oor baansyfer en drie keer een oor baansyfer, teenoor ‘n enkele voëltjie.