SA Mededingingskommissie wen internasionale pryse
Die Mededingingskommissie in die buurland sê hy ontvang steeds internasonale erkenning – die keer vir sy vooraanstaande mark-ondersoek na aanlyn-intermediëre platforms. Die kommissie se woordvoerder, Siyabulela Makunga, sê sy mark-ondersoekspan het onlangs by die 2024 Anti-Trust Writing Awards in Washington twee toekenings ingepalm. Een was vir ‘n finale verslag en beslissing, en nog een vir ‘n akademiese artikel oor die mededingingsdinamika in Suid-Afirka se digitale reis- en toerismemark.