Rapporteer handelaars wat kaart-limiete afdwing!

Die Bank van Namibië het ‘n waarskuwing uitgereik teen handelaars wat kaart-gebruik-limiete op kliënte afdwing. Die sentrale bank sê dis die bankbedryf se verantwoordelikheid om minimum- of maksimum aankooplimiete vir kaarttransaksies te stop. Die bank se woordvoerder, Naufiku Hamunime, sê onder die riglyne wat deur die bank verskaf word, is handelaars verplig om geldige debiet- en kredietkaarte binne hul aangewese aanvaardingskategorie te aanvaar, ongeag die transaksie se dollarbedrag. Sy vra dat die publiek enige nie-nakoming hiervan aan die Betalingsvereniging van Namibië en aan die kommersiële bank wie se kaartmasjien deur die handelaar gebruik word, rapporteer.