Niger verwelkom Russiese instrukteurs
Tientalle Russiese instrukteurs het in Niger aangekom as deel van ‘n nuwe ooreenkoms met die land se junta, wat sy bande met die Weste verbreek het. Staatsmedia berig hulle het ‘n hiper-moderne lugverdedigingstelsel saamgebring. Die instrukteurs gaan die stelsel installeer en die Niger-weermag leer hoe om dit te gebruik. Dié Wes-Afrika land is een van verskeie in die Sahel-streek onder militêre beheer, wat onlangs bande met Rusland versterk het.