Nederlaag vir Bulle, Haaie vier oorwinning
Rugby: Die Bulle is in Engeland deeglik met 59-22 deur Northampton Saints in die kwarteindronde van die Kampioene-beker afgeransel. Die tuisspan het nege drieë ingeryg en kom nou teen Leinster te staan. In die Uitdaagbeker-kompetisie het die losskakel Siya Masuku 18 punte met sy skopskoen aangeteken toe die Haaie teruggeveg om Edinburgh in Durban ore aan te sit en vir die eerste keer die halfeindronde te haal. Die Haaie het drie drieë in hulle oorwinning van 36-30 behaal en meet nou in die halfeindstryd met Clermont Auvergne kragte.