Kaapstad teiken Chinese toeriste

Die Stad Kaapstad het besonderhede bekend gemaak van die metro se bestemmings-reisveldtog wat in China bekendgestel gaan word. Die stad teiken verskeie stede regdeur China via WeChat. Nagenoeg 151 000 Chinese toeriste het in 2013 die land besoek. Dit het die jaar daarna tot 83 000 gesak. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê na die heropening van grense na Covid-19, het net meer as 34 000 Chinese besoekers tussen Januarie en November verlede jaar hulle weg na Suid-Afrika gevind.