Iranse gewapende magte lê beslag op houerskip

Iranse gewapende magte het op ‘n houerskip naby die See van Hormuz beslag gelê te midde van stygende spanning in die Midde-Ooste. Aljazeera berig die skip is deur die Islamitiese Rewolusionêre Wag oorgeneem. Die MSC Aries word met die Israeliese miljardêr Eyal Ofer verbind. Die skip het uit die Verenigde Arabiese Emirate vertrek op pad na Indië. Daar is 25 bemanningslede aan boord. MSC sê hy werk om hulle welstand te verseker.