Iran val Israel vir eerste keer direk aan

Iran het laat Saterdag plofbare hommeltuie en missiele op Israel afgevuur in sy eerste direkte aanval op Israeliese grondgebied. Die vergeldingsaanval het die bedreiging van ‘n wyer streekskonflik laat ontstaan, terwyl Amerika sy “ysterbedekte” steun vir Israel belowe het. Owerhede sê Iran het tientalle grond-tot-grond-missiele na Israel gelanseer, waarvan die meeste buite Israel se grense onderskep is. Dit het meer as 10 kruismissiele ingesluit. ‘n 7-jarige meisie is kritiek beseer. Amerikaanse president Joe Biden, wat telefonies met Israeliese premier Benjamin Netanyahu gepraat het, sê hy ‘n vergadering van leiers van die Groep van Sewe groot ekonomieë belê om ‘n diplomatieke reaksie te koördineer op Iran se aanval.