Thieme gee jongste deur oor Hartlief-brand

Die oorsaak van die brand by die Hartlief-aanleg in die Noordelik Nywerheidsgebied is nog nie bepaal nie. Die brand het Sondag ontstaan en volgens die voorsitter van die Ohlthaver en List-groep Sven Thieme is die kleinhandel-afdeling steeds gesluit en sal nie binnekort oopmaak nie. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.