SAN sê Amushelelo wagte-optog is soos ‘Banana Republic’
Die president van die Sekuriteitsvereniging van Namibië, Dhiginina Uutaapama, sê die optrede van honderde sekuriteitswagte in Windhoek wat vroeër die week aan ’n onwettige staking deelgeneem het, gaan ernstige gevolge hê. Hy het die optog skerp gekritiseer en sê dis die optrede van ‘n ‘Banana Republic’. Hy sê die aksie hou nie net beduidende uitdagings vir die sekuriteitsbedryf in nie, maar laat ook ernstige vrae ontstaan oor die integriteit van die bedryf en die welstand van sy lede. Die vereniging is betrokke in voortgesette gesprekke oor ’n minimum loon vir die sekuriteitsbedryf en is sedert 2017 in werking met verhogings wat gegee is. Amushelelo dring aan op 15 dollar ‘n uur.