Midde-Ooste: VSA moet meer beduidende rol speel, meen China
China het ‘n oproep gedoen op Amerika om ‘n konstruktiewe rol te speel in die Midde-Ooste, tydens ‘n telefoongesprek van sy topdiplomaat Wang Yi met sy Amerikaanse eweknie, Antony Blinken. China sê hy sal voortgaan om ‘n konstruktiewe rol te speel in die oplossing van die Midde-Ooste-kwessie en bydra om die situasie te help ontlont. ‘n Woordvoerder van die ministerie van Buitelandse Sake het aan die Chinese media gesê dis verál Amerika wat ‘n konstruktiewe rol moet speel.