Harry en Meghan maak nog Netflix-films

Netflix werk saam met die hertog en hertogin van Sussex se maatskappy, Archewell, aan twee nuwe nie-fiksie-programme. Dis deel van prins Harry en sy vrou, Meghan Markle, se ooreenkoms met die stromingsreus. Netflix sê die eerste program met Markle aan die woord sal handel oor die vreugde van kook, tuinmaak, onthaal en vriendskap. Die tweede een sal kykers ongekende toegang gee tot die wêreld van beroeps-polo, en prins Harry se passie vir die sport vasvang.