Alonso verleng sy kontrak by Aston tot 2026

Die dubbele wêreldkampioen Fernando Alonso het ‘n kontrak geteken om sy seisoen by Aston Martin tot minstens die einde van 2026 se Formule Een-seisoen te verleng. Die 42-jarige Alonso het verlede jaar vanaf die Alpine-span aangesluit en in ses van die agt renne onder die eerste drie geëindig. Die spanhoof, Mike Krack, sê die Spanjaard is uitgehonger vir sukses en wil die span in ‘n mededingende krag omskep. Aston Martin is vyfde op die vervaardigers-punteleer ná die eerste vier wedrenne.