VSA bly waaksaam vir aanval deur Iran
‘n Amerikaanse amptenaar het bevestig die land is op ‘n hoë gereedheidsgrondslag en berei voor vir ‘n moontlike aanval deur Iran, gemik op Israelse of Amerikaanse bates in die streek, in reaksie op Israel se aanval op die Iranse ambassade in Sirië. Die amptenaar sê hulle is beslis op ‘n hoë vlak van waaksaamheid, en dat ‘n aanval die komende week kan plaasvind. Vermeende Israelse vegvliegtuie het Maandag Iran se ambassade in Damaskus gebombardeer, in ‘n aanval waarin ‘n Iranse militêre aanvoerder dood is. Iran het gesê hy behou die reg voor tot ‘n beslissende reaksie.