Mboma kry groenlig om weer te kompeteer

Namibië se liefling-atleet Christine Mboma het die groenlig by Wêreldatletiek ontvang om weer te kompeteer, in alles behalwe 400 meter tot 1 myl. Dit kom nadat sy behandeling ontvang het om haar testosteroon-vlakke te verlaag. Mboma en haar afrigter Henk Botha verkeer nou onder druk omdat sy baie min tyd oor het om te kwalifiseer vir die Olimpiese Spele wat in Julie in Parys plaasvind.