LPO sê Meatco moet homself reg ruk
Die voorsitter van die Lewendehawe Produsente Organisasie Jako van Wyk waarsku dat Meatco vanjaar sy staal moet wys andersins is ’n groot krisis op pad, veral opgemeet teen die agtergrond van toenemende bemarking weens die droogte. Volgens Agriforum meen Van Wyk dat dit ondenkbaar is dat ’n instansie soos Meatco afhanklik moet wees van die regering vir sy voortbestaan. Die maatskappy is ’n hoogs belangrike skakel in Namibië se beesvleiswaardeketting en as die grootste beesvleis-uitvoerabattoir speel hy ’n groot rol as prysbepaler, maar ook om prysbestendigheid vir produsente en in markte te verseker. Meatco se finansiële uitdagings was onlangs in die nuus en die maatskappy met ‘n reddingsboei van 212 miljoen Namibiese dollar in die begrotingsjaar ontvang.