Lesufi verkies verkiesingsfoefie as om niks te doen nie
Die premier van Gauteng Panyaza Lesufi weerspreek bewerings die Werkloosheidsversekeringsfonds-Arbeid-aktiveringsprogram is ‘n verkiesingsfoefie. Hy het gepraat op die bekendstelling van die program by NASREC in Johannesburg en gesê die inisiatief van 23,8 miljard Suid-Afrikaanse rand, gelei deur die minister van Arbeid Thulas Nxesi, is gemik op werkskepping en vaardighede in die provinsie en nasionaal.