Klimaat: Afrika moet fokus op wetenskap
‘n Nuwe studie toon dat, as Afrika die gevolge van klimaatsverandering toepaslik wil hanteer, sy strategie moet fokus op die bevordering van wetenskapberoepe. Die studie, wat in die vaktydskrif Nature Communications gepubliseer is, voer aan dat volhoubaarheid verband hou met innovering en werkskepping. Wetenskap wat weer-, water- en klimaatdienste ondersteun, is dringend nodig vir ‘n aanpassingstrategie. Afrika het erge vaardigheidstekorte.