Beheerraad beoordeel NamPower se amper 15% verhoging-aansoek

Die Elektrisiteitsbeheerraad sê hy sal NamPower se aansoek vir 14,59 persent tariefverhoging oorweeg. Die aansoek is Vrydag bekend gemaak. Volgens die algemene bestuurder van Ekonomiese Regulering by die raad, Pinehas Mutota, raak Eskom se onlangse tariefverhogings NamPower se koste direk omdat 60 persent van die land se krag ingevoer word.