Kenia-gesondheidstelsel tot stilstand geruk

Dokters in Kenia se landwye staking gaan sy tweede week binne met meer as vier-duisend dokters wat meer betaling, beter werksomstandighede en omvattende mediese dekking eis. Die sekretaris-generaal van die Mediese praktisyns Unie, Davji Bhimji sê hulle eis ook die ontplooiing van een-duisend-200 mediese interns om ernstige tekorte te verlig. Bhimji benadruk, om vervangingsdokters tydens die verset te huur sal nie die onderliggende arbeidskwessies oplos nie.