Goue Spele vir ouer atlete kry dalk hupstoot
Ouer atlete het dalk binnekort baie om na uit te sien. Suid-Afrika se Departement van Maatskaplike Ontwikkeling sê daar is ‘n dringende behoefte om erkenning te gee aan die ‘’goue spele’’ op die land se sportkalender, veral vir ouer persone. Deelnemers is ontevrede met die spele se marginalisering. Minister Lindiwe Zulu sê die spele, wat verskeie aktiwiteite behels, dra positief by tot ouer persone se leefstyl. Die departement versoek beleidsverbeterings deur die Wysigingswetsontwerp op Ouer Persone, wat daarop gemik is om hul regte en waardigheid te beskerm