Zambezi se vlakke baie laagMarch 20, 2024
Die Namibiese Hidrologiese Diens waarsku oor die lae vlakke van die Zambezirivier vir die tyd van die jaar. Op die oomblik vloei die rivier teen 1,46 meter teenoor 4,62 meter verlede jaar dieselfde tyd. Die Okavangorivier by Rundu vertoon goed op 5,37 meter teenoor 4,75 verlede jaar. By Ruacana vertoon die Kunene ook baie goed vergeleke met verlede jaar. Vloei van 298 kubieke meter per sekonde word aangeteken teenoor 78,4 verlede jaar.