Hof stuur FlyNamibia-kwessie terug na VervoerkommissieMarch 18, 2024
Die Windhoekse hooggeregshof het die Vervoerkommissie van Namibië se besluit om die hernuwing van FlyNamibia se lisensie te weier, hersien en tersyde gestel. Regter Essi Schimming-Chase het die saak verder na die kommissie verwys sodat hy FlyNamibia se hernuwingsaansoek kan heroorweeg. Geen kostebevel is gemaak nie.