Veiling-pryse wys droogte maak boere desperaatMarch 17, 2024
Blaauw Auctioneers het vroeër in die week ‘n veeveiling in Otjiwarongo gehou wat kommerwekkende pryse getoon het. Die pryse is ‘n aanduiding dat boere swaarkry en het drasties gedaal weens die hoeveelheid diere wat in ‘n streek opgeveil moet word as gevolg van die droogte. Blauuw Auctioneers-afslaer, André Van Aswegen, verduidelik die situasie.