Namibiese droë seisoen gaan byt
Veldtoestande lyk desperaat, ten spyte van die onlangse verspreide reën in sommige dele van die land, Die inligting is deur die Rangeland waarskuwings-sisteem verskaf. Boere regoor die land moet binnekort stappe doen om vee en wild-getalle tverminder, aangesien die komende droë seisoen hard gaan byt. Diegene wat staatmaak op reëngevoede gewasse in die noorde is reeds in die moeilikheid weens lae opbrengste. Volgens die Namibiese Kamer van Omgewing is groot droogtehulpplanne nodig om Namibiërs deur die 2024 droë seisoen te dra.