14 Suid-Afrikaanse huursoldate dood in gevegte teen Rusland

Rusland sê sy inval in Oekraïne het die lewe van 14 Suid-Afrikaanse huursoldate geëis, van die 35 wat aan die kant van Kiëf veg. Russiese Ministerie van Verdediging aan wat sê Suid-Afrika is die derde grootste bydraer van huursoldate uit Afrika wat by die stryd betrokke is, met Nigerië wat 47 van 97 verloor het en Algerië met ‘n verlies van 28 uit 60 huursoldate. Die ministerie sê hy weet van 13-duisend-387 buitelandse huursoldate, van wie byna ses-duisend reeds gesterf het.