Ehra verwelkom nuwe baba, Mimi!March 15, 2024

Die Elephant Human Relations Aid-groep het die geboorte van ‘n nuwe baba-olifantjie in die Huabrivier-streek aangekondig. Die kalfie is die nuutste toevoeging tot die H2-trop, wat ook bekendstaan as Rosy se trop. Klein Mimi is nou een week oud. Ma Rosa het al vyf gesonde kalwers grootgemaak. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Rachel Harris, besturende direkteur van Ehra…