Philip Snyman neem oor by Blitsbokke

Die Springbok Sewes se hulpafrigter, Philip Snyman, is tot Juliemaand bevorder tot hoofafrigter in die plek van Sandile Ngcobo ná die Blitsbokke se onlangse teleurstellende uitslae. Ngcobo keer terug as afrigter van die Sewes Akademie. Die Blitsbokke, wat in 12 van die vorige 16 Wêreld-sewesseisoene onder die voorste twee geëindig het, is tans sewende op die punteleer. SA Rugby se uitvoerende hoof, Rian Oberholzer, sê die korttermyn-behoeftes van die span is sodanig dat Snyman vir kontinuïteit die taak opgelê is om die Blitsbokke terug te kry op die wenpad.