Boer kom te perd vanaf Zimbabwe vir geregtigheid
Zimbabwiër Ben Freeth is op pad na Windhoek te perd om geregtigheid te kry vir sy Mt. Carmel plaas wat afgevat is tydens Robert Mugabe se mislukte grondhervormingsplan van 2000. Die SADC-tribunaal het Zimbabwiese boere in 2008 die reg gegee om hul grond terug te kry maar, Mugabe, destyds die hoof, het toe die tribunaal ontbind. Freeth sal na verwagting op 18 Maart in Windhoek aankom. Op 17 Maart gaan Ben by die Equestrian Centre wees in Brakwater. Kosmos 94.1 Nuus het met Chante Nell gepraat van ‘n plaas op Grootfontein, wat deel is van die beplannings kommittee wat Freeth se aankoms in Windhoek reël.