PGA onderhandel steeds met DP, LIVMarch 13, 2024

Die PGA-reeks se kommissaris, Jay Monahan, sê onderhandelings word versnel om die raamwerkooreenkoms met Saoedi-Arabië se Openbare Beleggingsfonds of PIF af te handel. Die PGA-reeks, DP-wêreldreeks en die PIF wat LIV Golf befonds, het in Junie verlede jaar ʼn raamwerkooreenkoms aangekondig om een entiteit vir handelsbates te vorm. Monahan sê hulle wil die beste moontlike uitkoms bewerkstellig vir die PGA-reeks en die sport: