Paratus sal N$600m vanjaar plaaslik belêMarch 11, 2024
Die Paratus groep gebruik ‘n kombinasie van satelliet en ander tegnologie om kommunikasie netwerke dwarsoor Afrika te vestig. Die maatskappy het kantore in sewe lande – Angola, Botswana, Demokratiese Republiek Kongo, Mosambiek, Namibië, Suid-Afrika en Zambië. Hul dienste strek oor 35 Afrika-lande. Volgens groepshoof Barney Harmse gaan hulle vanjaar 600 miljoen Namibiese dollar in Namibiese infrastruktuur belê.