Amushelelo peuter weer by Namib MillsMarch 11, 2024
Die berugte NEFF-lid Michael Amushelelo het vanoggend Namib Mills se verspreidingsdepot in die hoofstad gesluit, blykbaar omdat vragmotorbestuurders meer betaal moet word. Die polisie het hom verwyder na hy die hek blokkeer het.