2023 die dodelikste jaar vir immigrante sedert 2014March 7, 2024
‘n Verslag van die Internasionale Organisasie vir Migrasie het onthul 2023 was die dodelikste jaar vir migrante sedert 2014, met minstens agt-duisend-565 mense wat wêreldwyd op migrasieroetes dood is. Die verslag lê klem op ‘n tragiese 20-persent toename in die dodetal vergeleke met 2022, en beklemtoon die dringende behoefte aan optrede om verdere lewensverlies te voorkom. Die organisasie se Vermiste Migrante-projek het hierdie sterftes en verdwynings aangeteken en plaas klem op die gevaarlike reise wat migrante moet onderneem weens ‘n gebrek aan veilige, gereguleerde roetes.