Tennis-ster uit na hy op lynregter gil

Tennis: Die Russiese ster Andrey Rublev is gediskwalifiseer na hy op ‘n lynregter geskree het. Die 26-jarige is tydens gister se halfeindstryd by die Dubai-kampioenskap vir swak sportmansgees geskors, en het toegelaat dat sy teenstander, Alexander Bublik na die eindstryd deurdring. Die tweede gekeurde Rublev het sy humeur verloor na Bublik ‘n punt gewen het om die voortou met 6-5 in die beslissende stel te neem. Hy het volgehou hy het nie op die lynregter gevloek nie, maar is geskors en gaan sy ranglyspunte en prysgeld verbeur.