Krokodilaanvalle wek kommer

Krokodilaanvalle bly ‘n groot bekommernis vir gemeenskappe in die Kavango-Oos-streek. Verlede week is twee mense deur die diere doodgemaak. Verlede jaar het die omgewingsake-ministerie 40 krokodille te koop aangebied in ‘n poging om toenemende gevalle van mens-wild konflik te versag. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die goewerneur van Kunene-Oos, Bonifatius Wakudumo, wat sê die streek het ‘n probleem as gevolg van riviere se huidige hoë watervlakke. Hy het inwoners weereens versoek om waaksaam te bly naby die riviere.