Kragmeter-opdatering in Windhoek vorder goed

Die omskakeling van elektrisiteit voorafbetaalde meters in Windhoek vorder goed. Die spanne is tans werksaam in Goreangab, Hakahana, Havana, Katutura, Okuryangava en Wanaheda en sal tot 14 Junie daar besig wees. Die meters moet opdateer word voor 24 November vanjaar. Stad Windhoek se burgemeester, Queen Kamati, het tydens die eerste raadsvergadering van die jaar ‘n oorsig gegee van die projek. Sy sê 54 persent van die stad se meters is reeds omgeskakel.