Gru-moord in Erongo
Die Namibiese polisie in die Erongo-streek het ‘n gru-voorval van geslagsgeweld aangemeld. Volgens die mag is inligting nog skraps maar in tussen twee- en drie-uur vanoggend, op Okambahe het ‘n man vermoedelik sy meisie vermoor deur haar met wat die polisie beskryf as ‘n blok, op haar kop geslaan. Die voorval het volgens die mag in die huis van die oorledene se ma, waar die twee gewoon het, voorgekom.