Freeth op sy perd na Windhoek
Zimbabwiër Ben Freeth is op pad na Windhoek te perd om geregtigheid te kry vir sy Mt. Carmel plaas wat afgevat is tydens Robert Mugabe se mislukte grondhervormingsplan van 2000. Die SADC-tribunaal het hom in 2008 die reg gegee om sy grond terug te kry maar, Mugabe, destyds die hoof, het toe die tribunaal ontbind. Freeth sal na verwagting op 18 Maart in Windhoek aankom maar het ‘n boodskap gestuur aan sy ondersteuners.