Polisie dryf Navalny-ondersteuners uiteen
Die polisie in Rusland het op mense toegeslaan wat saamgekom het om die dood van die opposisieleier, Alexei Navalny, te gedenk. Menseregtegroepe sê minstens 100 mense is aangekeer. Beamptes in Moskou en St. Petersburg het plakkate uit betogers se hande geruk en andere van hulle het opslaan-gedenktekens vir Navalny weggesleep. Die hoof-kritikus van president Vladimir Putin, wat ‘n veldtog teen korrupsie in die regering gevoer het en betogings teen die Kremin gelei het, is Vrydag deur tronkowerhede dood verklaar.