Egipte laat vaar opknapping van kleinste piramide

Egipte het ‘n omstrede plan om ou granietbekleding op die piramide van Menkaure, die kleinste van die drie groot piramides van Giza, weer aan te bring, laat vaar. Mostafa Waziri, sekretaris-generaal van die Hoogste Raad van Oudhede, het verlede maand die plan aangekondig en verklaar dat dit die projek van die eeu sou wees.  Die nuus dat die antieke monument verander sal word, het wyd reaksie uitgelok en owerhede in Egipte is gevra om die projek te laat vaar.