DA wil leefstyloudits in Gauteng instel
Die DA in Gauteng beplan om omvattende leefstyloudits van politici en amptenare in te stel indien hy in die provinsie aan bewind kom. Die Gautengse leier, Solly Msimanga, het tydens die party se sogenaamde ware provinsiale rede gesê die regering se korrupsie is die hoofoorsaak van Gauteng se agteruitgang. Msimanga beklemtoon die belangrikheid dat skuldige amptenare vervolg word en nie toegelaat word om te bedank en sodoende aanklagte vry te spring nie. Hy sê dit sal korrupsie doeltreffend bekamp.