Afrika-skole steier onder konflik

Nigerië, met 89 en Sudan 55, het in 2023 die meeste geweld en gewapende konflikte of aanvalle op skoolfasiliteite ervaar. Volgens ‘n nuwe verslag deur Save the Children, het aanvalle op skole met 20 persent tot 411 regoor Afrika in 2023 gestyg, vergeleke met 2022. Voorvalle sluit in hommeltuigaanvalle, die moord op laerskoolonderwysers en die gebruik van traangas om onderwysersvergaderings uiteen te jaag. Die verslag sê die Afrika-unie het aansienlike pogings aangewend om studente, onderwysers, skole en universiteite teen aanvalle te beskerm en veilige onderwys te bevorder maar die stand van sake het steeds agteruitgegaan.