Uutoni gesels oor sy ‘droom-begroting’

Die begroting vir die 2023-2024 boekjaar sal op 28 Februarie deur finansminister Ipumbu Shiimi in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê word. Verlede jaar is 1,9 miljard Namibiese dollar aan die stedelike en landelike ontwikkeling-ministerie toegeken. Te midde van die behuisingskrisis in die land, het die stedelike en landelike ontwikkeling-minister, Erastus Utoni, aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik wat sy droom-begroting sou wees en hoe hy dit sou gebruik.