Transnet se Kaapse terminaal vorder goed

Transnet se Kaapstad-houerterminaal het ʼn nuwe mylpaal bereik deur ʼn rekord 1 726 verkoelde vraghouers vol vrugte op die Santa Rita-vaartuig na Europa te laai. Dit verbeter die vorige rekord van 1 711 houers in 2021. Die waarnemende bestuurder, Oscar Borchards, skryf die sukses toe aan verbeterde operasionele strategieë soos om die verandering van skofte noukeuriger te monitor. Die terminaal het tans drie vaartuie wat vasgemeer is en twee lê voor anker. Die plan is om hierdie week 16 115 eenhede van 20-voet elk te laai.