Teen-korrupsie kommissie sê hy kan nie korrupsie alleen beveg

Kommer onder die publiek oor moontlike korrupsie in die energiesektor het president Nangolo Mbumba genoop om ‘n beroep te doen op onder meer die polisie en Anti-Korrupsie Kommissie om Namibië “korrupsievry” te hou. Die 2023 korrupsiepersepsie-indeks toon dat Namibië geen vordering gemaak het die afgelope drie jaar met die aanpak van korrupsie in die openbare sektor nie. Die land het egter ook nie teruggesak nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Paulus Noa, die direkteur van die teen-korrupsie kommissie, wat sê hulle kan nie alleen korrupsie beveg nie.