Staande komitee bekommerd oor gesondheidsdienste
Die Swapo-parlementslid, Linekela Nambondi, het in die Nasionale Raad aangekondig dat ’n staande komitee-verslag oor gesondheid, maatskaplike welsyn en arbeidsaangeleenthede bevind het dat gesondheidsfasiliteite in Namibië steeds vervalle is. Daar is ook uitdagings met onder meer medisyne-voorrade en daar is te min ambulanse. Die komitee is volgens Nambondi bekommerd oor die instelling van universele gesondheidsdekking en hoe dit bevonds sal word.