Sportfederasies skort aktiwiteite op vir staatsbegrafnis

In ‘n gebaar van respek en huldeblyk aan wyle Namibiese president, dr Hage Geingob, het sportfederasies regoor die land eenparig besluit om al hul aktiwiteite vir die naweek van sy begrafnis op te skort. Netbal Namibië het die uitstel van alle netbalaktiwiteite aangekondig. Net so het die Namibië Sokkervereniging aangekondig dat hulle alle aktiwiteite vir daardie naweek gaan opskort. Die Namibië Skolesportunie het eweneens ‘n verklaring uitgereik om die uitstel van alle beplande aktiwiteite van 23 tot 25 Februarie tot verdere kennisgewing te verklaar. Ander sportkodes wat aktiwiteite vir daardie week landwyd beplan het, sal na verwagting dit ook uitstel.